Hierdie bloemlesing was aanvanklik bestem hoofsaaklikvir Nederlandse lesers, en daarom van ’n inleiding inNederlands en ’n verklarende woordelys voorsien. Assodanig is dit sedert sy eerste verskyning in 1917tweemaal herdruk geword.
Aangesien die bundel egter van die aanvang af inSuid-Afrika veel meer aftrek gevind het dan elders, enons letterkundige produksie sedert die tyd sodanigtoegeneem het dat die bundel in sy oorspronklike vormgeen juiste beeld meer vertoon van die teenswoordigestand van ons Afrikaanse verskuns nie, het ek ditwenselik geag om die vierde druk nie alleen te hersienen aan te vul nie, maar dit ook ’n suiwer Afrikaansestempel te verleen. Daarom val die oorspronklikeinleiding en woordverklaring hier weg, en word verderal wat Nederlands was deur Afrikaans vervang.
Sedert die tyd het daar ook van my hand ’n breedvoerigestudie verskyn oor die „Taal en Poësie van die TwedeAfrikaanse-Taalbeweging”, waarom ek dit oorbodig beskouom hier ’n nuwe inleiding by te voeg.
Hierdie vierde druk is dus meer dan ’n blote herdruk,nie alleen omdat dit ’n uitgebreider en meeroorsigtelike keuse bevat as die vorige drie nie, maarook omdat die oorspronklike keuse hier en daar gewysigis volgens latere insigte.
Verder word bo aan iedere bladsy die naam van diebundel vermeld, waaraan die gedigte ontleen is. Diespelling is konsekwent gemoderniseer-met ’n apologieaan die digters wat nog hulle eie spelling volg!
Ek vertrou dat die bundel in sy nuwe vorm nog beter aansy doel sal beantwoord as voorheen.
Die Saamsteller.
Stellenbosch,
Okt. 1921.
Gebore 1865 op Wellington. In 1874 met die ossewa naPretoria, waar sy vader oprigter en eerste redakteurgeword het van „De Volkstem”. Studie op Pretoria,Stellenbosch, Wellington en Delft (1887-1890).Landmeter, later staatsbibliotekaris op Pretoria(1894-99). Op kommande tot die end. Na die Engelseoorlog met gesin na Europa-letterkundige studie. In1907 terug na Suid-Afrika. Medeoprigter van „DieBrandwag”-taalpropaganda. Werksaam aan die Dept. vanBinnel. Sake, Pretoria. Sedert 1918 buitengewoneProfessor op Stellenbosch.
Bls. | |
Die Vlakte | 1 |
Die Ossewa | 4 |
Trou | 5 |
Die Laaste Aand | 6 |
Die Brand | 8 |
Die Kampsuster | 11 |
Dis al | 12 |
Afrikaner-troos | 13 |
Klein Ondeug | 14 |
’n Snaakse Vryery | 15 |